Boodskap van die Hoof
Baie welkom terug na 'n lekker vakansie. Skouer aan die wiel vir 'n propvol kwartaal. Baie sterkte aan die leerders!
Mev. Elbie van Tonder
Skoolhoof

Lees meer...
Skaak uitslae 2012
Ons skaakspan is hierdie jaar reg vir die reeks skaakwedstryde wat voorlê.
Die uitslae is soos volg:
23 April 2012 - Gert Maritz 5 / Pelham 7
Winter Sportdag
Gert Maritz hou hul eerste Winter Sportdag op 21 April 2012. Hierdie beloof om 'n opwindende dag te wees. Daar gaan 9 skole deelneem aan hierdie gebeurtenis, waarvan daar 19 eerste spanne gaan wees.
Die Sportdag begin om 08:00 en daar gaan vele heerlike eetgoed wees.
Sport: Hokkie; Netbal; Rugby
Ons nooi almal hartlik uit om hierdie dag saam met ons te kom geniet. Kom ondersteun asb ons skool in hierdie verband.
Hoop om u daar te sien!
Swem gala - Longmarket
Op 28 Februarie 2012 het Gert Maritz leerders deelgeneem aan die swemgala wat by Longmarket gehou is. Hierdie leerders het pragtig geswem en vir die skool 'n eerste plek behaal tussen agt (8) skole.
Baie geluk aan hierdie leerders, julle het pragtig geswem. Ons is baie trots op julle!
Swem gala 2012 uitslae
| Datum | Gala gehou by: |
Plek: |
| 4 Februarie | MCS | 1ste uit 6 skole |
| 23 Februarie | Gert Maritz | 3de uit 9 skole |
| 28 Februarie | Longmarket | 1ste uit 8 skole |
| 1 Maart | Northern Park | 1ste uit 5 skole |
Swem Gala 2012
Baie geluk aan al ons swemmers wat op 19 Januarie 2012 aan die Interlaer Gala deelgeneem het. Julle is almal wenners.
Geluk aan ons:
Junior Victrix Ludorum: Megan Kent
Junior Victor Ludorum: Heinz Kleyn
Senior Victrix Ludorum: Natasha Kleyn
Senior Victor Ludorum: Gerald Kent
Natasha Kleyn en Gerald Kent het verskeie rekords gebreek tydens die Gala. Mooi so julle!



